Katot Malanke *
Verbeelding is die skepper van idees en drome...
...party idees bly drome

[
YouTube skakel ]
Programme, brokkies, kode ensomeer, word gesorteer van die nuutste na die oudste. Die enigste blad wat aandag trek is die een wat bly groei.



Hoe meer ons ons werk vergemaklik, hoe meer werk ons:

My videos en program kode bevat foute. Daar is whitespace en gereelde kant-inskrywings, want, sodra ons net die regte dinge doen, sien niemand ons raak nie.

Hierdie persoon pose net. Géén werk word hier gedoen nie.

Die persoon met idees se lessenaar is nooit netjies nie: Los papiertjies met fyn skrif en tekene is orals te sien. Penne van verskillende kleure lê op 'n hopie en highlighters-of-koukies in 'n ou regopstaande mediese houer met die oorspronklke label op.
Want dit is prakties!




'n
Los Idee is gewoonlik nog nie klaar nie, of dit is iets wat ek probeer - idees word nie altyd waar nie.

My Facebook rekening is nét so deurmekaar soos my idees!

Ek praat straight Afrikaans. Ek vra niemand om van my spraak, terme en manier te hou nie.Wat vir mý belangrik is, is dat 'n ding moet werk. Rég werk. Die oordra van inligting moet so maklik as moontlik geskied - intepretasie? Wel, dis nou 'n ding uit die bose...

Indien dit in Afrikaans móét wees, sál dit in Afrikaans wees, anders sal dit in 'n radbraak Afrikaans/Engelse orgie wees.

Sekere woorde en beskrywingsher-vertalings is maar net nie bedoel om slegs in een taal hanteer te word nie.
As voorbeeld: Rugsteun klink hopeloos uit die plek vir 'n backup! Nét so ook vir klik vs click. Spreek die woord met 'n gesplete verhemelte en die luisteraar het hopeloos verdwaal en weet nie wat om te doen nie.

Nota: Soms praat ek binnemonds en die klank sal dalkies opgedraai of verhoog moet word. Maw, stel die volume op wanneer jy my nie kan hoor nie!
Redigeer op: 17 Oktober 2023


Hier is geen kopieregte vir my inhoud nie. Gebruik soos jy wil. Almal sukkel - net op versillende maniere.
Ploerts se splat kom van
hier af. Niks was verander nie, net verklein.
Laptop outjie kom saam met die program:
Rocketcake